![]() Ontwerp Met Deeglikheid, Gedryf Deur Passie
|
||
| VERKOELING
Verkoeling vir die industriële landbou sektor en wynkelders word onderneem. Verskeie rekenaar programmatuur ondersteun die ontwerpe en analises. As die grootste verbruiker van energie kostes is dit belangrik om van die beskikbare moderne tegnologie gebruik te maak om die voordeel daarvan ten volle te verkry. Beide die korrekte selektering van toerusting en die gebruik van elektroniese bestuur programme / elektroniese sensors word deel van groot langtermyn koste besparings . Goeie ontwerpe kan kapitale investerings vinniger en meer sigbaar laat terugvloei dmv verhoogde kwaliteit produk uitsette of energie koste besparings of deur beide. Verkoeling analises in kelder verkoeling word oor 'n wye area onderneem en ontwerpe word gedoen op bufferdamme, waterspruitstukke, pompstasies, water pypleiding netwerke, moskoelers, sapkoelers tesame met tenk verkoeling tipes wat insluit film, band, interne plaat, dimpels asook die totale bulk verkoelingslas. LRC het ook die "Micro Ice" konsep of te wel dan plaaslik bekend as "Flow Ice" ondersoek met die doel om dit te kan toepas. Dit is welbekend in Europa, maar nie plaaslik nie. Groot besparings kan ondervind word dmv laer energie inset kostes, kleiner pompe en pypleidings met die voordeel van 'n verkoelingsmedium teen -2°C tesame met gestoorde latente energie in die ys partikels. LRC ondersteun die Montreal Protokol 2013/2015 ten opsigte van die Osoon Laag. |
||
Ontwikkel deur TinyWeb.co.za |
||