Ontwerp Met Deeglikheid, Gedryf Deur Passie







ONTWIKKELING

Ontwikkelings is nie LRC se kern besigheid nie, maar weens die aanvraag word daar voorsiening gemaak vir die klein tot medium vlak ontwikkelaar. Ons werk of in 'n groep met ander aangestelde professionele kundiges of onafhanklik, as projek leiers.

Argitektoniese voorstellings vir stadsbeplanning goedkeuring doeleindes word onderneem en kan gebruik word as basis vir die finale stadium ontwerpe of LRC kan verder aangestel word vir die afhandeling van gedetailleerde planne. Volle 3D voorstellings is op aanvraag beskikbaar. Ontwerpe sluit in klein woonstel eenhede, dorpshuise asook enkel residensiële huise. Siviele, strukturele en meganiese ontwerpe kan deur LRC gekanaliseer word.

Lae vlakke van beskikbare dorpsgebied grond veroorsaak hoë kapitale investering wat so vinnig as moontlik teruggewin moet word omdat ontwikkelingskoste deurlopend styg en die winsgrense kwaai onder druk bring. Samelopend is die groot aanvraag na die medium koste behuising wat meer gemaklik deur die finansiële instellings goedgekeur word en ook deur die eerste keer tot die medium vlak koper bekostig kan word.

Vir hierdie redes alleen is dit belangrik om die optimale beplanningsgebruik vanuit die ontwikkelbare grond te verkry teen gemiddelde kostes aan die koper. LRC ontwerp binne die raamwerk van voorgelegde reëls en regulasies om die maksimum opbrengs te verseker. Die doelwit is om altyd binne die finansiële raamwerk en praktiese aanvaarbaarheid van die gemiddelde koper te bly.

LRC ondersteun die "Groen Omgewing" inisiatiewe.

Ontwikkel deur TinyWeb.co.za