![]() Ontwerp Met Deeglikheid, Gedryf Deur Passie
|
||
| ONTGROENING
Met 'n eenvoudige versoek vanuit die Citrusdal area tov ontgroening, was 'n 6 maande lange navorsings periode onderneem wat die OVS sisteem tot stand gebring het (Ontgroening Ventilasie Sisteem). Dit het feitlik begin met geen beskikbare sagteware of geskikte toerusting vir die taak nie en sagteware met die samelopende toerusting was letterlik aangepas vir die doel. LRC ontwikkel tans 'n statiese beheerpaneel wat gebaseer is op die asemhalingsperiode van die vrug. Dit skakel al die duursame elektroniese sensor toerusting uit wat in elk geval nie 'n lang lewensduur het nie, juis agv die omstandighede waarin dit operasioneel moet verkeer. Al is die eksterne kleur direk verbind aan die klimatologiese omstandighede en nie die rypheid van die vrug nie, tesame met die feit dat sekere kultivars ten volle eetbaar is met 'n groen skil, verskil die verbruiker se sienswyse hiervan en wil hulle juis die "natuurlike" kleur ervaar. Ontgroening kan in kort gesien word as 'n reeks van gekoördineerde metaboliese gebeure en respirasie is 'n belangrike rolspeler. Opgesom word ontgroening verkry dmv die degenerasie van die "thylakoids" in die bladgroenkorrel van die skil. Totale beheer van die kamer is belangrik itv konstante temperatuur, C2O, lig, suurstof, lugvloei, stikstof, bevogte lug en etileen. LRC's "OVS" lewer 'n etileen konsentrasie van ±2.5 dpm voor die uitlaatsiklus en ±1.5 dpm teen die einde van die uitlaatsiklus. Die ontwerp plaas die vrug nie onder geweldige spanning nie, wat dit juis grootliks verhoed om hul eie etileen te vervaardig en 'n stywe, mooi vrug lewer, - vry van GR's. |
||
Ontwikkel deur TinyWeb.co.za |
||